HESSEQUA NUUS - Die ANC kon drie wyke wen, presies die omgekeerde uitslag van 2016 toe die DA drie wyke gewen het.
- Wyk 5 - Heidelberg, Duivenhoks en Diepkloof. Baie geluk aan ons nuwe ANC-raadslid Abe Daniels. Ons weet hy sal ons gemeenskappe in die wyk dien.
- Wyk 6 - Rivervile en plase. Baie geluk aan ons huidige ANC-raadslid, Nadia Joseph met haar tweede termyn as raadslid in wyk 6. Haar harde werk as gemeenskapsleier het vrugte afgepluk.
- Wyk 8 - Môrestond, Aloeridge, Beverly Hills, Melrose Place en Panorama. Baie geluk aan ons huidige raadslid, Chris Taute wie weer sy wyk gewen het. Ons almal weet hy dien sy mense na sy beste vermoë.
Ons kon ook drie PR-kandidate inkry, naamlik raadslede Elias Dayimani (Kwanokathula), Lisby Pieterse (Heidelberg) en Lillian Februarie (Slangrivier).
Al drie is ervare raadslede wat goeie bydraes sal lewer in die nuwe raad. Laat ons ook toe om die DA geluk te wens met hul volstrekte oorwinning in Hessequa. Ons glo dat ons as raadslede nog steeds almal in ons gemeenskappe sal dien.
Die verkiesing is nou verby en moet ons nou weer saamleef met mekaar, al het ons by die stembus verskil. Kom ons bly positief, openbaar 'n positiewe gesindheid en werk saam om ons gemeenskap vorentoe te neem. Ons is bewus van die baie uitdagings in ons wyke. – Perceyval Smith, ANC-mediabeampte
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'