Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Toe die son vanoggend 8 Mei opkom oor die vallei van die Slapende Skone het die eerste kiesers al hul kruisies by die verskillende stemlokale in die Riversdal-gebied getrek.
By Kruisrivier was daar kort na sewe nog net vier mense wat hul kruisies getrek het, terwyl daar teen agtuur reeds 85 mense by Riverville-stadion hul stem uitgebring het.
By die Riversdal-burgersentrum was daar net na agtuur reeds 66 mense verby die tellers, en by Kwanokuthula-gemeenskapsentrum was daar toe al meer as 100 mense by die stembusse verby.
‘n Gemoedelike stemming het oral geheers. By al die stemlokale buiten die Riversdal-burgersentrum is ‘n mens deur oorverdowende musiek vanuit die verskillende partye se tentstalletjies begroet.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'