HESSEQUA NUUS - Is jy al teen die Covid-19-virus ingeënt? Deur dit te doen, beskerm jy nie net jouself nie, maar ook jou geliefdes en almal met wie jy in aanraking kom.
Entstowwe leer jou immuunstelsel hoe om jou liggaam teen ’n siekte te beskerm waaraan dit nog nie voorheen blootgestel was nie. Wanneer jou liggaam dan die siekte opdoen, weet dit hoe om daarteen te veg en jou risiko vir ernstige simptome is laer.
Die inentingsveldtog in die Hessequa-distrik is op dreef en die volgende datums en persele vir die komende week is soos volg:
- 20-23 September - Riversdal burgersentrum
- 21-22 September - Heidelberg Duivenhoks-gemeenskapsentrum
- 20 en 23 September - Albertinia Theronsville-gemeenskapsaal
- 22 September - Melkhoutfontein sateliet-kliniek
- 20, 21 en 23 September - Stilbaai gemeenskapsaal
- 20 September - Slangrivier sateliet-kliniek
- 22 September - Witsand De Duine-saal
- 22 September - Gouritsmond-saal
Elke inwoner van die streek word aangemoedig om die persele op die gegewe datums te besoek.
Besighede is welkom om ‘n groepbespreking vir inentings vir werknemers te maak. ‘n Spesifieke tydgleuf sal dan vir hulle bespreek word.
Maak kontak met Pieter Moolman vir besprekings by Riversdal burgersentrum: Pieter.Moolman@westerncape.gov.za en Elizabeth.Braaf@westerncape.gov.za vir al die ander inentingspersele.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'