HESSEQUA NUUS - Al die sub-distrikte in die Tuinroete het 'n daling in nuwe Covid-19-gevalle van 19% oor die afgelope sewe dae gehad, in vergelyking met 7 tot 14 dae gelede, behalwe die Hessequa-streek.
Dit is volgens Nadia Ferreira, Wes-Kaap departement van gesondheid se woordvoerder vir die Tuinroete en Sentraal-Karoo.
Die totale getal aktiewe gevalle vir die distrik op 16 Augustus was 5 190.
Inwoners word aangemoedig om hulle te laat inent teen die Covid-19-virus.
"Albei entstowwe, J&J (beperkte) en Pfizer-entstowwe is hierdie week by inentingspersele beskikbaar. Almal bo die ouderdom van 35 jaar is welkom," het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'