Advertorial
SAKENUUS - Die vrouespan by Diedericks Prokureurs is 'n gedugte kombinasie.
Yolande van der Berg, aktebesorger en prokureur, doen alle werk vir die munisipaliteit wat op 'n tenderbasis toegeken word.
Sy is in beheer van aktevervaardiging, korrespondent-opdragte en siviele litigasie. Besonder betroubaar en kundig, is sy 'n perfeksionis wat kliënte se behoeftes eerste stel.
Finansiële administrateur, Nadia Venter, nougeset en verantwoordelik, het 'n puik aanvoeling vir syfers.
Administratiewe beampte, Anri Vermeulen, is 'n koelkop tydens krisissituasies. Sy beman ontvangs met haar unieke manier om met mense te werk. Sy het wye ondervinding in administratiewe werk en ondersteun die boedel- en litigasie-afdelings.
Griszelda Kortjé, ook by ontvangs, bestuur die logistiek en behartig die kantooronderhoud. Met haar uitgebreide kennis van die firma se werking, staan sy met gemak in vir die ander. Sy speel 'n sleutelrol in die interaksie met hofpersoneel en diensverskaffers.
Boedeladministrateur, Esmare de Nobrega, 'n ware omgeemens, is 'n ervare boedeladministrateur en akteversorger. Sy hanteer 'n groot gedeelte van die firma se boedelafdeling.
Die vrouespan by Diedericks Prokureurs is ‘n gedugte kombinasie. Agter links na regs: Yolande van der Berg, Nadia Venter, Anri Vermeulen. Voor: Griszelda Kortjé.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'