STILBAAI NUUS - Stilbaai-sakekamer, Allegaartjie, Car Care Clinic en Basil & Biltong, al vier besighede op Stilbaai, is tydens ‘n regstreekse virtuele toekenningsgeleentheid vanmiddag, 12 November met gesogte AHi-eerbewyse vir dinamiese sakelui beloon.
Stilbaai-sakekamer het ook in 2019 dié eer te beurt geval.
Allegaartjie is die wenner van die AHi se Mees Innoverende Gasvryheidsbesigheid van die Jaar.
Basil & Biltong is as die AHi Beginner Klein Besigheid van die Jaar aangewys, terwyl Care Care Clinic as die AHi Klein Besigheid van die Jaar aangewys is.
Die AHi (vroeër bekend as die Afrikaanse Handelsinstituut) Wes-Kaap het tydens die prysuitdelingsfunksie die wenners van ’n kortlys met drie finaliste elk in ses kategorieë bekend gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'