In 1992 was dié straat nog leeg met slegs 'oom Gus se apteek', Marie van Eeden se klerewinkel, Barrydale kelders en 'Past & Present' oudhedewinkel waarvan oom Don die eienaar was, wat sake in die straat gedoen het. In daardie jare kon jy nog 'n 'Speedqueen' wasmasjien koop vir R1 700! Vandag is Voortrekkerstraat baie bedrywig, maar steeds 'n lekker straat om in besigheid te doen.
Saam met die meubels het Evert en wyle oom Loot gholfstokke en gereedskap ingevoer wat groothandel verkoop is - 'n diens wat hulle ongeveer 8 jaar gelewer het. Vandag verkoop Stilbaai Verspreiders steeds 'n groot verskeidenheid meubels, matrasse, elektriese ware, sitkamerstelle, slaapbanke, matte en vele meer. Hulle kan jou huis van voor tot agter met kwaliteit produkte teen billike pryse meubileer.
Gratis aflewering word gedoen in Stilbaai, Jongensfontein en Riversdal en teen 'n billike fooi in die ander buurdorpe om brandstof te dek. Stilbaai Verspreiders nooi graag die publiek uit om op Vrydag, 23 en Saterdag, 24 November 'n draai by die winkel te maak om in spesiale verjaarsdag aanbiedinge te deel. Hiermee wil Evert, Annemarie en hul span ook dankie sê aan al die kliënte wat hulle die afgelope 20 jaar so getrou ondersteun.
Ter afsluiting: "Hoewel my pa 'Lotie' vandag nie meer met ons is nie, was dit 'n groot voorreg om saam met hom te kon werk, asook vir sy leiding en sy goeie raad deur die jare kan ek nie genoeg dankie sê nie. Ons mis pappa," sê Evert, Annamarie en kinders.

Die span van Stilbaai Verspreiders van links is Warren Pieterse, Johnny Pieterse, Evert en Annamarie Kleynhans en Winen October. Foto: Louise Mouton