Stilbaai slaghuis se prestasies is as volg:
- 2004 - Ontvang toekenning vanaf Freddy Hirsch vir netheid en higiëne.
- Die rooivleisbedryf bied ook jaarliks toekennings aan en Stilbaai Slaghuis se prestasie was as volg; 2009 - Wes-Kaap (platinum); 2011 Wes-Kaap (goud); 2012 - Wes-Kaap (goud) en 2013 - Wes-Kaap (goud).
Hierdie toekennings verseker die verbruikers dat hulle met vertroue Suid-Afrikaanse beesvleis kan koop. Van die slaghuise wat beoordeel is met 'n oorsiglys wat uit 212 punte tel het Stilbaai Slaghuis meer as 96% behaal. Die oorsiglys is gebruik om die finaliste te beoordeel op grond van higiëne, die verskaffing van rolgemerkte Suid-Afrikaanse beesvleis van gehalte, die beste raad wat verbruikers gekry het vir die voorbereiding van geregte en kostedoeltreffende maniere om van die beste snitte te bekom. Die toekennings verseker dat verbruikers weet wat hul van hulle slagters kan verwag en gee erkenning aan daardie slagters wat hul verwagtinge oorskry.
Cleaver Award
Die Cleaver Award pryse is in 2005 die eerste keer toegeken om in die behoeftes van die verbruiker te voorsien deur 'n hoë standaard vir die land se slaghuise te stel. In 2005 is 2 500 benoemings ontvang. Daarna het dit jaarliks toegeneem tot die rekordgetal van 21 865 in 2011. Volgens die organiseerders toon dit dat die toekennings landswyd by sowel die verbruikers as by die slaghuise gewild geraak het. Stilbaai Slaghuis, Stilbaai Deli en Melkhoutfontein Deli voorsien tans werk aan 18 mense wat volstyds in diens is. "Dankie aan al ons kliënte vir elke dag se ondersteuning, asook ons Hemelse Vader, anders sou die toekenning nie moontlik gewees het nie".
Die trotse personeel van Stilbaai Slaghuis met die toekenning.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'