Sponsored Content
STILBAAI NUUS - Gerhardt Oosthuizen, prinsipaal van Servamus Eiendomme, het Donderdag 2 April hul splinternuwe kantore in die Plattebosch-sentrum aan 'n klompie uitgelese gaste bekendgestel.
Oosthuizen het in sy toespraak gesê dat hul naam, Servamus, alles sê oor hul besigheidsfilosofie en etiek. Servamus beteken "Ons Dien" in Latyn.
Hy sê verder dat alhoewel daar 85 agente in Stilbaai is, is daar nog steeds ruimte vir 'n professionele maatskappy wat uitsonderlike diens lewer en nou betrokke is by die gemeenskap.
Servamus streef daarna om hul kliënte se behoeftes eerste te stel wanneer hulle begin om die perfekte eiendom te vind of wanneer hulle 'n eiendom verkoop.
Hulle luister, evalueer, gee advies, neem jou wense in ag en kom dan met die perfekte oplossing vorendag.
Oosthuizen sê verder dat Stilbaai en sy mense vir hulle belangrik is, en daarom het hulle besluit om ook in Stilbaai te belê ten einde deel van die gemeenskap te wees, en betrokke te raak.
Dit het alles in 2018 in Van Wyksdorp in die Klein-Karoo begin, met spesifieke klem op plase. 'n Kantoor in Ladismith het gevolg en in 2022 het Servamus uitgebrei na Riversdal, Stilbaai, Heidelberg, Witsand en Albertinia.
Hulle fokus nie meer net op plase nie en lewer nou 'n omvattende diens.
Die Servamus-span in ligte luim saam met prinsipaal, Gerhardt Oosthuizen, vierde van links. MIDDEL: Die Speaker van die Hessequa-munisipaliteit, Thinus van den Berg, en Gerhardt Oosthuizen, prinsipaal van Servamus Eiendomme, by die opening van hulle splinternuwe kantore.
Met 'n span agente wat diep gewortel is in die plaaslike gemeenskappe, is Servamus Eiendomme goed geposisioneer om in die spesifieke behoeftes van kopers, verkopers en beleggers in hierdie gebiede te voorsien.
Die speaker van die Hessequa-munisipa-liteit, Tinus van den Berg, het in sy toespraak gesê dat Stilbaai in 'n pragtige deel van die land geleë is, met 'n ekonomie wat voortdurend groei, en dat dit een van die beste munisipaliteite in die land is. Vooruitgang is vir hulle belangrik, en hulle sal Servamus ondersteun soos hulle alle ander besighede in die Hessequa-streek ondersteun.
- Kontak Gerhardt Oosthuizen by 083 310 6501 vir enige navrae.
Gerhardt Oosthuizen (in rooi), prinsipaal van Servamus Eiendomme, in gesellige luim met 'n paar gaste. Foto: Johan Victor
Nicky de Villiers en Rénee Davids by die opening van Servamus Eiendomme in Stilbaai se kantoor. Foto: Johan Victor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’