Advertorial Gallery Video
STILBAAI SAKENUUS EN VIDEO - Pyne, swak bloedsomloop of sommer net gespanne - Frida van Oudtshoorn van Res-Q Massage Therapy in Stilbaai pak enige probleem wat met massering verbeter kan word, met kundigheid en ywer aan.
Sy beoefen ashiatsu, ‘n vorm van diepweefselmassering wat hoofsaaklik met die voete gedoen word. Sy geniet haar werk werklik en sê talle kliënte het vertel hoe hulle alle hoop om pynvry te leef, laat vaar het voor hulle by haar uitgekom het.
Sy spesialiseer veral in die akute pyn wat deur vasgeknypte senuwees veroorsaak word. Die rustige en smaakvol ingerigte salon is in Ouhoutstraat 8, Stilbaai geleë. Kontak Res-Q by 083 520 6677 vir ‘n afspraak.
Fotogalery: Res-Q Massage Therapy in Stilbaai
Kyk 'n video hieronder:
Bregda Coetzee, kliënt van Res-Q Massage Therapy, Stilbaai skryf:
Ek wil graag onder die hele wêreld se aandag bring hoe Frida van Res-Q Massage Therapy my lewe verander het. Vir jare het ek probleme gehad met seer bene, heupe en rugpyn. Ek het vele dokters geraadpleeg van wie sommiges gesê het dis restless leg syndrome en daar kan niks aan gedoen word nie. 'n Ander dokter het my met naalde behandel, maar sonder sukses.
Ek was by fisioterapeute en na 12 behandelinge is ek meegedeel dat ek 'n heupvervanging moet kry. 'n Ander dokter het inspuitings gegee - ag, so het dit vir jare en jare aangehou.
Toe begin my voetsole ook brand. Ek het salf by die apteker gekry, maar dit was sonder sukses. Ek kon nie meer my geliefkoosde sport, rolbal, speel nie!
Toe hoor ek van Frida, maak 'n afspraak en my hele lewe verander. Sy is die enigste een van wie ek weet wat hierdie terapie doen. Dit word sciatica pain patterns genoem, wat sy met ashiatsu massering doen. (Sy werk meestal met haar voete, maar dit kan met die hande ook gedoen word). Sedert ek die eerste behandeling so 'n jaar gelede gekry het, is my lewe anders.
Die skuldige was toe al die tyd my sciatica-hoofsenuwee, wat van kop tot tone deur mens se hele liggaam loop. Dié senuwee knyp iewers vas en veroorsaak inflammasie, wat swelsels aan senuwees veroorsaak. Jou spiere wat beweeg raak daaraan en dit veroorsaak die pyne.
Na vyf behandelings was jare se pyne en probleme besig om weg te gaan as gevolg van die wonderlike behandeling wat ek by haar gekry het. My sogenaamde heupvervanging was toe net my heup wat effens geskuif het. Sy het dit reggeskuif sodat geen operasie meer nodig was nie.
Met daardie voetjies het sy my jarelange pyn wegmasseer. Ek wil vir mense wat enige pyn of seer spiere ondervind, vra om na haar toe te gaan en te sien hoe jy lewenskwaliteit terugkry.
Dis amper ongelooflik en sy is baie nederig - dis alle eer aan die Here. Sy wag mens altyd buite in en laat jou so spesiaal voel. Dis 'n behandeling wat jy nooit sal vergeet nie.
Frida se man Tewis is net so knap en saam maak hulle 'n goeie span. Probeer hulle!
Tevrede kliënt Bregda Steenkamp
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'