"Ons kantoor is op die plaas Modderfontein op die Stilbaai-pad geleë, maar ons beplan om binnekort na Riversdal te verskuif," verduidelik hy.
Die personeel bestaan uit 30 bekwame arbeiders, asook 'n sekretaresse, Ella Muller en Pieter se vrou, Ané wat die administratiewe sy van die besigheid behartig.
Dienste verskaf
Die dienste wat PJ Kleinhans Boukontrakteurs lewer, is:
* Nuwe huise
* Industriële fabrieke
* Aanbouings
* Alle afrondingswerk soos onder meer verf- en teelwerk
* Versekeringseise
* Klein grondverskuiwings
Hulle doen ook gratis kwotasies vir voornemende of bestaande kliënte. "Ons doen werk vanaf Swellendam tot en met Mosselbaai, asook op plase," verduidelik Pieter.
Groot projekte wat PJ Kleinhans Boukontrakteurs al gedoen het, sluit in verbeterings aan Hessequa Abattoir, verskeie groot store in die distrik, Jireh Dairies kantore, aanbouings aan Robertson Abattoir en dan die mees onlangse is die verbeterings aan JC Slagtery en Max Baise. Die besigheid is ook by die National Home Builders Registers Council (NHBC) geregistreer.
Kontakbesonderhede
Vir 'n gratis kwotasie of meer inligting, skakel PJ Kleinhans Boukontrakteurs by 028 754 3339/ 079 208 9528; faks hulle by 086 297 5644.

Die werkers van PJ Kleinhans Boukontrakteurs.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'