Sponsored Content
SAKENUUS - Pizza World Stilbaai. As eienaar van hierdie besigheid is dit vir my 'n groot eer om vir die derde jaar deur die lesers van Suid-Kaap Forum aangewys te word as die wenner van Best Pizza in Hessequa.
Ek gee al die eer aan my personeel. Ek is in die be-voorregte possisie om geseënd te wees met ongelooflike mense wat saam met my werk. Al my dames is toegewyd en sien ons besigheid as meer as net 'werk'. Ons is regtig soos familie.
Ons gee om vir mekaar en vir ons kliënte en ek dink dis hoekom ons so populêr is.
Ons dank die Here vir alles wat Hy vir ons doen. Elke dag is 'n uitdaging maar ook 'n avontuur. Nooit 'n eentonige oomblik by ons winkel nie.
As ons stoep kon praat... Daar gaan nie 'n dag verby dat iemand nie sommer net kom inloer vir 'n geselsie nie en ons love dit.
Pizza World Stilbaai is meer as net 'n takeaway. Ons is 'n plek met hart, simpatie, humor, advies, en geselligheid. 'n Skouer as iemand dit nodig het. 'n Oor wat altyd luister.
Omdat ons omgee. Vir ons mense. Vir ons dorp.
Vir ons gemeenskap. Vir ons streek. Vir die toekoms van almal in en om ons omgewing.
Ons wil graag almal bedank wat vir ons gestem het. Julle het dit weereens vir ons laat gebeur en ons waardeer julle ondersteuning ongelooflik baie.
Ons is nederig en baie dankbaar om weer 'n wenner te wees. Ons sal aanhou werk om julle vertroue in ons en ons produk te behou.
Baie dankie almal - Heila
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’