Die ontwikkeling geleë in Stilbaai-Wes in Thys Vissiestraat bestaan uit 28 eie-titel huise, 28 deeltitel woonstelle en die bogenoemde sub-akute hospitaal. Dr. Jan Schutte, direkteur van die Carewell hospitaalgroep sê dat, na vele vertragings dit 'n mylpaal is om met konstruksie te kan begin van die 12 bed sub-akute hospitaal wat in Desember 2013 voltooi behoort te wees. Die fasiliteit sal na verwagting in Januarie 2014 open vir die publiek.
Post operatiewe herstel
Die sub-akute hospitaal is gerig op post-operatiewe herstel na prosedures soos heup- en knievervangings, beroertes asook ander mediese toestande wat 24 uur verpleegsorg vereis. Die hospitaal word deur die departement van gesondheid gelisensiëer en sal geakrediteer word deur die onderskeie mediese fondse.
Mediese- en versorgingsentrum
Die hospitaal sal ook dien as mediese en versorgingsentrum vir die inwoners van die Fynbos Leefstyl Landgoed. Elke eenheid in die landgoed word met 'n 'Telecare' sisteem aan die susterstasie in die hospitaal verbind wat op nood sal reageer.
Inwoners van die Fynbos Leefstyl Landgoed kan ook omvattende verpleegsorg in hul huise en woonstelle ontvang.
Twee vlakke van versorging
Twee vlakke van versorging is beskikbaar en inwoners sal deur die mediese personeel en hul algemene praktisyn gelei word watter vlak van sorg hulle benodig. Dienste gelewer sluit in etes, skoonmaak van woonstel, wasgoed en bestuur van medikasie, asook 'n gereelde kliniek diens.
Te koop!
Erwe in die landgoed is reeds gediens en te koop op 'n plot en plan basis met 'n keuse van huis ontwerpe. Huispryse begin op R1 225 000 en woonstelle vanaf R495 000.
* Vir meer inligting besoek hul webwerf by www.fynboslandgoed.co.za.
Van links: Mnr. Willem Botha (prokureur), Herman Potgieter (boukontrakteur), me. Surina Vermeulen (argitek), dr. Jan Schutte snr., Jan Schutte jnr. en dr. rdl. Joan Prins (wyksraadslid, wyk 3).