Advertorial Video
RIVERSDAL SAKENUUS EN VIDEO - André van der Merwe, eienaar van Vodacom op Stilbaai het in Desember verlede jaar ook Vodacom op Riversdal oorgeneem en dit verskuif vanaf Die Handelshuis na Dicksonstraat 14, waar Enya's eers was.
"Ons wil die goeie diens wat kliënte in Stilbaai ervaar het; die betrokkenheid en toewyding ook hierheen bring. Ons noem dit by Vodacom 'die gees van dienslewering'. Vodacom Stilbaai het die Red Incentive-toekening vir uitsonderlike prestasie in die B-kategorie vir 2020 gewen."
André nooi die gemeenskap na die amptelike opening vanaf 9 - 10 April uit. Daar sal ook spesiale aanbiedings wees vanaf 9 - 30 April.
Die aanbiedinge sal op data, sowel as selfoonkontrakte beskikbaar wees.
Daar sal ook pryse beskikbaar wees tot die einde van die maand of tot al die pryse uit is.
"Persone wat 'n nuwe kontrak kom uitneem of opgradeer, gaan 'n ballon prik wat 'n nommertjie in het wat die prys bepaal. Daar is ook drie selfone as pryse wat gewen kan word."
Vir ander kliënte wat nie kontrakkliënte is nie, maar lugtyd of enige ander selfoonbenodighede koop, of selfs 'n foon kom Rica, se strokie word in 'n boksie gegooi. 'n Gelukstrekking word die einde van die maand gehou en kan hulle ook 'n foon of ander promosie items wen.
"Promotors van die nuwe Huawei-fone gaan spesifieke fone tydens die opening voorstel."
Worsbroodjies en koeldrank gaan Saterdag aan kliënte gegee word en beloof dit om 'n lekker gesellige geleentheid te wees.
Kontakbesonderhede
- Adres: Dicksonstraat 14, Riversdal
- Kontaknommers:
028 754 1963 / 083 263 6366 - E-pos adres: overbergcellular@gmail.com
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'