Advertorial
SAKENUUS - Riversdal Midas het sy deure op 6 Mei geopen. Die perseel is geleë op die hoek van Mulderstraat en die N2.
Met meer as 300 Midas-winkels landwyd, is Midas die leier in motoronderdele in Suid-Afrika.
Midas Riversdal verskaf motoronderdele soos rem-, diens-, enjin herbouings- en paneel komponente asook meeste wat daarmee gepaard gaan.
Verder streef Midas om die landbou georiënteerde Hessequa-gemeenskap verder te bemagtig met sleepwakomponente, insluitend koppelaars, modderskerms en swaardiensasse.
Die "gewone" motoreienaar sal verbaas wees met al die produkte van sitplekoortreksels en kraggereedskap, wat tot hul beskikking is.
Midas Riversdal is geopen deur die pa-en-seun duo wat tesame meer as 36 jaar se ondervinding in die onderdelebedryf het. Daar is tans ses personeellede, wat meer as bekwaam is om die breë Riversdal-gemeenskap te bedien.
Midas Riversdal vorm deel van Midas Mosselbaai en Hyper Midas Voorbaai wat beteken dat onderdele net nog vinniger by die kliënt kan uitkom.
Jan Senekal het in 1993 die gaping in die mark gesien en die eerste Midas-winkel op Mosselbaai geopen. Vandag word dit bedryf deur sy skoonseun. Mede-eienaars, Steyn en Hannelie de Jager, streef na die volgende stelling: "Midas Riversdal sal altyd diensgeoriënteerd wees. Ons doel is om die regte onderdeel teen die regte prys aan ons kliënte in die breë Hessequa-streek te bied."
Midas Riversdal se groot opening vind plaas Vrydag en Saterdag, 31 Mei en 1 Junie. Daar sal talle winskopies beskikbaar wees asook groot pryse om te wen. Verwelkom hul gerus in ons pragtige dorp.
Besoek gerus dié spogwinkel so gou moontlik. Daar is werklik iets vir almal.
Midas Riversdal kontak besonderhede:
- Tel: 028 7133 532
- Epos: sales.riversdal@midas.co.za
Die verkoopspan by Midas Riversdal: Dean Morgan Juta en Philip Beneke.
Midas in Riversdal bied 'n groot verskeidenheid produkte aan.
Midas in Riversdal bied 'n groot verskeidenheid produkte aan.
Die netjiese Midas-gebou op die hoek van die N2 en Mulderstraat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’