Advertorial
SAKENUUS - Goeie nuus vir Riversdal en omgewing!
Medi-dal Apteek, geleë op die hoek van Dickson- en Barrystraat in Riversdal, het amptelik by die Pharmacy at SPAR-familie aangesluit.
Die uitstekende, persoonlike diens waarvoor eienaars Sias en Anel Snyman al jare bekend is, word nou verder versterk deur die Pharmacy at SPAR-handelsmerk.
Dit beteken kliënte kan voortaan uitsien na nóg meer waarde met kompeterende pryse 'n wyer produkreeks en gereelde spesiale aanbiedinge wat deur hul bestaande SPAR Rewards-lojaliteitskaart ontsluit word.
Medi-dal Apteek het reeds in 1997 sy deure geopen, terwyl Sias Snyman in 2008 as vennoot en apteker by die praktyk aangesluit het. As 'n trotse boorling van Riversdal en oudleerling van Laerskool Volschenk en Hoër Landbouskool Oakdale, is Sias 'n bekende en gerespekteerde lid van die gemeenskap.
Saam met sy vrou, Anel, en hul kinders, Jannes en Ilané, leef hulle 'n kultuur van sorg, geloof en omgee uit - waardes wat weerspieël word in die manier waarop hulle hul pasiënte én personeel behandel. Hierdie gesinswaardes vorm steeds die hart van Medi-dal Apteek se diens.
Van links die Snyman-gesin: Jannes, Anel, Illané en Sias Snyman.
Pharmacy at SPAR vorm deel van die SPAR Health-afdeling van die SPAR-groep. Met meer as 140 Pharmacy at SPAR-apteke regoor Suid-Afrika, is die fokus op eienaargedrewe gesondheidsorg, uitstekende kliëntediens en toeganklike, bekostigbare gesondheidsoplossings.
Kliënte kan kies uit 'n uitgebreide reeks voorskrifmedikasie, vitamiene, natuurlike en gesondheidsprodukte, mediese hulpmiddels en kliniekdienste - alles ondersteun deur sterk koopkrag, mededingende pryse en gereelde promosies.
Die Pharmacy at SPAR-netwerk groei vinnig namate al hoe meer onafhanklike apteke aansluit om hul gemeenskappe nóg beter te bedien, met die ondersteuning van nasionale bemarking, 'n groter produkreeks en betekenisvolle gemeenskapsinisiatiewe.
Sias Snyman, eienaar van Medi-dal Apteek het Donderdag 2 Julie saam met sy gesin en Medi-dal-span, die lint geknip na die nuwe Pharmacy at Spar - Medi-dal Apteek.
Alle inwoners en besoekers van Riversdal en die omliggende gebied word hartlik uitgenooi om die nuwe Medi-dal Apteek te kom ervaar. Die span sien daarna uit om bestaande en nuwe kliënte met dieselfde vriendelike diens te verwelkom – nou met selfs méér voordele.
Kom besoek Medi-dal Apteek en ontdek die verskil of kontak ons gerus by 028 713 2652.
Noodnommer: 028 713 2756 Daar wag fantastiese spesiale aanbiedinge, uitstekende diens en 'n span wat jou gesondheid, welstand én begroting eerste stel.

Besigheidsure:
- Maandae tot Vrydae 08:30 – 17:15
- Saterdae: 08:30 - 12:30 en 17:30 - 18:30
- Sondae en vakansiedae: 11:00 - 12:00 en 17:30 - 18:30
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’