Advertorial Gallery Video
STILBAAI SAKENUUS EN VIDEO - 'n Groot mylpaal wink vir Mass Hire op Stilbaai. Op 1 Julie sal dié bekende besigheid in die industriële gebied hul 10de verjaarsdag vier.
Eienaars Chris Olivier en sy ouers en sakevennote, Danie en Christolien Olivier van die depot in Riversdal sê hulle kyk met dankbaarheid terug op 'n geseënde tyd.
Hulle wil elke kliënt deur die jare spesiaal vir hul ondersteuning bedank.
Hul uitgangspunt is professionele diens teen bekostigbare pryse. Mass Hire bied implemente en toerusting te huur en herstel ook gereedskap in 'n wye gebied, wat Stilbaai, Jongensfontein, Riversdal, Heidelberg en Albertinia in die Hessequa-streek en ook die omliggende dorpe soos Ladismith, Van Wyksdorp, Barrydale en Swellendam insluit.
Fotogalery: Mass Hire Stilbaai vier eerste dekade
Saam met hul ervare personeel pak hulle enige projek, groot en klein aan. Die reeks toerusting te huur strek van kompressors, aanleg- en kraggereedskap tot steiers teen mededingende pryse vir die bou van huise en besighede, padwerke en konstruksie. Hulle koop ook gereeld nuwe toerusting aan om in veranderende behoeftes te voorsien, soos die groot teëlsnyer wat onlangs bygevoeg is. Vir kliënte met spesiale bestellings kan spesifieke toerusting aangekoop en afgelewer word.
Kyk 'n video hieronder:
'n Paar van hul huidige projekte sluit 'n stuk pad van 1.6km lank in Slangrivier, Stilbaai-rioolwerke, 'n aanbouing by Laerskool Voorwaarts op Riversdal, die Stilbaai Duine-ontwikkeling, die Skulpiesbaai-ontwikkeling asook Stilbaai-hawe in.
Die plaaslike gemeenskappe is vir die Oliviers baie belangrik en hulle ploeg graag terug waar hulle kan. Hulle gee tans onder meer borgskappe vir Seagulls-rugbyklub, Hoër Landbouskool Oakdale en Laerskool Bertie Barnard.
Kontak Mass Hire Stilbaai by 028 754 2804 of 082 327 7495. Hul perseel is by Ritbarstraat 44 in die industriële gebied in Stilbaai-Oos geleë.
Die Riversdal-depot kan in Wardenstraat 21, Riversdal gevind word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'