Advertorial Gallery
SAKENUUS - Dit is voorwaar ‘n mylpaal vir die eienaars, Chris Olivier, wat die Mass Hire-tak in Stilbaai bestuur, tesame met sy ouers en sakevennote, Danie en Christolien Olivier van die tak in Riversdal, vir wie professionele diens teen bekostigbare pryse uiters belangrik is.
Tesame met hul ervare personeel, doen Mass Hire die verhuring van implemente en toerusting asook die herstel van gereedskap in die Stilbaai en Jongensfontein-areas asook Riversdal, Heidelberg en Albertinia in die Hessequa-streek en ook omliggende dorpe wat Ladismith, Van Wyksdorp, Barrydale en Swellendam insluit.
Geen projek is te groot of te klein vir Mass Hire nie en hulle bied ‘n wye reeks toerusting, kompressors, aanleg- en kraggereedskap asook steiers teen mededingende pryse vir die bou van huise en besighede, padwerke en konstruksie terwyl hulle ook toerusting vir kliënte se spesiale behoeftes aankoop en aflewer.
Mass Hire Projekte sluit in:
- Entsha Henra Kontrakteurs wat Strandstraat in Jongensfontein oordoen
- Urwhebo e-Transand wat die rioollyn in Stilbaai-Oos doen
- Jordaan Irrigation wat die Riversdale-rioolsuiweringswerke opgradeer
- SKP Boukontrakteurs wat uitbreidings by die Garden Route Game Lodge buite Albertinia doen
- ER Konstruksie – bou van verskeie spekulasiehuise
- Carewell Leefstyl-sentrum
- Nuwe ontwikkeling by Kloofpark
Mass Hire gee ook terug aan die gemeenskap en het o.a. rugbyborgskappe gegee vir Oakdale Landbouskool se o/16-rugby, die Seagulls Rugby-klub en Bertie Barnard se Bulletjie-rugby terwyl hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar ook die toerusting verskaf vir die brug wat oor die Goukourivier by Riversdal vir die Baleia Wines-bergfietsren gebou word.
Mass Hire bedank hul lojale kliënte vir hul getroue ondersteuning gedurende die afgelope 8 jaar.
Kontak Mass Hire Stilbaai by (028) 754 2804 of 082 327 7495.
Ritbarstraat 44, Industriële gebied, Stilbaai-Oos.
Die Mass Hire Riversdal Depot is geleë in Wardenstraat 21 op die dorp.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'