BESIGHEIDSNUUS - Lasarus bied hulle 9de produksieveiling aan op Saterdag 11 Februarie. Lasarus was die eerste in Suid-Afrika wat 'n veiling gediversifiseer het en bied 'n verskeidenheid van topkwaliteit meatmasters, Cape Lob Ear bokke, Ankole, gewone en eksotiese wild, renosters en vrylopende Afrika-hoenders aan.
Alle hoenderverkope gaan vir Lasarus Renosterbewaring. Die Lerms van Lasarus is baie positief oor Suid-Afrika en die landbou.
Gaan kuier saam met hulle en geniet hul plaasveiling met egte Suid-Afrikaanse gasvryheid en wildspotjie.
Slegs die taaiste en sterkstes sal oorleef, daarom word diere op Lasarus so ver moontlik vrylopend geteel, in relatief groot areas met so min moontlik kunsmatige voeding, groeistimulante, ensovoorts.
Kontak hulle by 082 448 3975 vir inligting oor enige spesie, akkommodasie en vervoer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'