Dié keer onder nuwe eienaarskap van Cassie Koen, bekende sakeman op die dorp. Koen het al verskeie besighede waaronder ’n slaghuis, viswinkel asook wegneemetes bedryf. Hy is ook die mede-eienaar van ’n bekende gastehuis in die dorp.
Dié keer het Koen besluit om die uitdaging van drank verkope aan te durf. Die kroeg is ruim uitgedos en verseker Koen dat kliënte net die beste diens tot hul beskikking sal kry. Etes sal ook beskikbaar wees. Vir die sport entoesiaste sal daar ook volop vermaak wees met vele sport kanale om van te kies. Musiek sal ook aan die orde van die dag wees.
Benewens Koen se persoonlike dienste beskik die kroeg ook oor die dienste van ’n bekwame kroegman, ene Andreas "Japan" Titus en die ewe vrolike Mitchell Horne as die algemene werker.

Cassie Koen saam met Andreas "Japan" Titus en Mitchell Horne tot u diens beskikbaar.