Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp is al vir ses generasies in die Nels se besit en ’n trotse familiebesigheid.
Al drie die kinders werk saam met hul pa, Carel, die keldermeester.
Die twee dogters, Margaux en Rozanne, is onderskeidelik wynmaker en bemarkingsbestuurder. Margaux het haar meestersgraad voltooi, met Portugese kultivars as tafelwyne as haar studieveld en die jongste, Daniel, is distilleerder en ook betrokke by bemarking.
Boplaas het vir meer as 14 jaar ’n proelokaal op Klipheuwelplaas op Klein-Brakrivier gehad en moes einde Januarie vanjaar hul deure daar sluit. Gelukkig het hulle ’n paar maande later ’n nuwe proelokaal op die Redberry plaas, buite George, geopen.
“Dit was beslis ’n riem onder die hart, dat ons soveel navrae gekry het oor wanneer ons weer in die Klein Brak-area ’n proelokaal open en ook om te sien hoe wynvriende van Mosselbaai en Klein Brak deurry, om hul Boplaas wyne by Redberry of selfs Calitzdorp te kom koop,” vertel Rozanne.
Boplaas is baie opgewonde met die oopmaak van hul nuwe proelokaal en wynwinkel op Hart & Bosch Village, net langs Salt & Copper Restaurant op Hartenbos. Hier kan gaste Boplaas se wêreldklas-produkte proe en koop teen kelderprys. Gaste kan ook ‘n kaasbord en ‘n verskeidenheid van skemerdrankies daar geniet.
Besoek hulle gerus vanaf 8 Desember by Hart & Bosch Village. Tye is Dinsdae tot Saterdae van 09:00 tot 17:00 en Sondae van 09:00 tot 16:00.
Die proelokaal is Maandae toe vir die publiek.
Webwerf: www.boplaas.co.za of skakel 066 499 4320.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’