Advertorial
SAKENUUS - Steel & Pipes for Africa lewer 'n unieke diens aan klante, wat hulle beslis in 'n kategorie van hul eie plaas.
Hierdie onderneming, wat reeds die afgelope 30 jaar op Mosselbaai bedryf word, doen gratis aflewerings aan klante in hulle ganse bedieningsarea wat tot sover as Swellendam in die Hessequa-distrik strek.
Hierdie unieke diens word die afgelope 20 jaar in die Hessequa-distrik gebied, met 'n daaglikse roete wat weekliks gery word om klante in hierdie omgewing te kan bedien.
Die roetes sluit in: Albertinia en Riversdal (Maandag, Dinsdag en Donderdag); Stilbaai (Maandag, Woensdag, Vrydag); Herbertsdale en Gouritsmond (Dinsdag en Donderdag); Heidelberg en Swellendam (Woensdag).
Klante op hierdie roetes kan tot en met 16:00 op die dag voor Steel & Pipes in hulle area aflewer hul bestelling plaas om van hierdie diens gebruik te kan maak. Hierdie diens is kontant by aflewering.
Ook plaaseienaars kan hieruit voordeel trek aangesien die afleweringsdiens nie net tot dorpe beperk is nie. Steel & Pipes lewer dieselfde uitstaande diens aan individue en is nie net gefokus op die groter industrie wat hulle produkte benut nie.
Kyk 'n video hieronder
"Twintig jaar gelede het ons besef dat daar 'n behoefte in die Hessequa-omgewing is. Ons het besluit om hierdie mark te betree en vandag is dit 'n substansiële deel van ons besigheid," sê Bernice Fourie van Steel & Pipes.
"Ons is ingestel op uitnemende diens. Ons span stap 'n pad met ons klante en daarom weet ons in die meeste gevalle wat hulle spesifieke en unieke behoeftes is vandat die oproep deur die verkoopspan ontvang word tot die bestelling deur ons afleweringspan aan die klant besorg is."
Die verkoopspan van Steel & Pipes for Africa wat gereed staan om klante hul beste diens te gee. "Ons wil graag vir die gemeenskap sê dat hulle moedig moet bly in hierdie uitdagende tye wat Suid-Afrika en die res van die wêreld tans beleef."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'