Advertorial
SUID-KAAP SAKENUUS - Voel jy uitgesluit uit gesprekke? Depressief? Eensaam? Dit is algemene kennis dat geestesgesondheid en gehoor beide belangrik is. Eers onlangs is die verband tussen die twee bevestig. Daar is bevind dat ouer persone met 'n gehoorverlies 47% meer geneig is tot depressie.
Gehoorverlies lei tot oneffektiewe kommunikasie. Dit skep spanning, moegheid en sosiale isolasie. Dit lei tot depressie.
'n Dinamiese sewe-en-sestigjarige vrou van Mosselbaai vertel hoe sy oor jare geleidelik bewus geraak het van haar gehoorverlies. Aanvanklik het sy die tekens geïgnoreer. Stelselmatig het die feit dat sy nie spraak duidelik kon hoor nie, haar werk en sosiale lewe begin beïnvloed. Sy was voortdurend bewus van die uitputting en inspanning tydens kommunikasie. Uiteindelik het sy haar gehoor laat toets en is twee maande gelede eers met gehoorapparate gepas. Alhoewel dit 'n aanpassing was, kan sy haar nie voorstel hoe dit was sonder die gehoorapparate nie. Sy kan 'n normale gesprek voer, sonder om te vra vir herhaling en sonder enige inspanning.
Gehoorverlies is die derde mees algemene chroniese kondisie, naas hipertensie en artritis onder ouerwordende persone.
Volgens Jacques en Andrea du Plessis bestaan daar 'n wanpersepsie dat gehoorverliese slegs met ouderdom verband hou. Dit is onwaar en gereelde gehoorevaluasie word ten sterkste aanbeveveel.
'n Maklike vraelys kan aandui wat jou gehoorstatus is. Indien jy twyfel, kontak en besoek Du Plessis Oudioloë, Mosselbaai (044 691 9083) en/of Riversdal (028 713 1425).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'