Sponsored Content
SAKENUUS - Vir Die Seekombuis is hul Best of Hessequa-toekenning nie bloot 'n erkenning nie. Dit bevestig dat die klein dingetjies wat elke dag met sorg gedoen word, raakgesien en waardeer word. Bo alles is dit 'n bewys dat 'n kultuur waar mense eerste kom, die verskil maak.
Van die begin af was die doel nie om toekennings te wen nie, maar om 'n ruimte te skep waar mense welkom voel en waarheen hulle graag wil terugkeer.
By Die Seekombuis gaan dit oor die ervaring, die atmosfeer en hoe hulle gaste laat voel.
Die besigheid se kernwaardes - persoonlike diens, integriteit, respek, verantwoord-baarheid en konsekwentheid - vorm die grondslag van alles wat hulle doen. Hulle probeer nie beter as ander wees nie, maar fokus daarop om elke dag dieselfde hoë standaard te handhaaf. Soos die bekende sjef Marco Pierre White sê: "Perfection is a lot of little things done well". Daardie eenvoudige benadering tot kos en gasvryheid inspireer die span daagliks.
Die Seekombuis dra hierdie toekenning op aan elke personeellid wat met passie en toewyding hul deel doen.
Aan elke kliënt wat hulle ondersteun, vir hulle gestem en spesiale oomblikke saam met hulle gedeel het, rig hulle 'n opregte dankie. Dit is hierdie vertroue wat die span motiveer om aan te hou groei en wat dit 'n voorreg maak om deel van hierdie gemeenskap te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’