Advertorial
PROMOSIE ARTIKEL - Dit is amptelik. Die Seekombuis maak 1 Augustus 2024 sy deure oop.
Hierdie pragtige restaurant op die hoofstrand van Stilbaai het 'n gedaanteverwisseling ondergaan, en alles in en om die restaurant is oorgedoen.
Moderne, stylvolle dekor met groot vensters verseker 'n panoramiese uitsig van die strand en baai in geheel.
Soos die restaurant se naam aandui kan jy jou regmaak vir 'n seekosfees, maar daar gaan vir die vleiseters ook voorsiening gemaak word.
Die spyskaart sal eersdaags op hulle sosiale media platforms beskikbaar wees en dit beloof om iets vir almal te bied. 'n Wye verskeidenheid wyne om van te kies asook 'n verskeidenheid 'On Tap' produkte sal sorg vir luilekker kuiers in 'n gemaklike atmosfeer.
Aan stuur van sake is Doons, wat in Stilbaai grootgeword het, as algemene bestuurder, en Joe in die kombuis as uitvoerende sjef. Dit is duidelik dat die twee 'n passie het vir kos en mense.
Doons sê hulle kan nie wag om Stilbaai se mense te verwelkom nie en hulle sien uit daarna om 'n verskil te maak, nie net in die mense wat vir hulle werk se lewens nie, maar in die gemeenskap as 'n geheel.
Met baie jare se ervaring in die gasvryheidsbedryf is Die Seekombuis in goeie hande en kan die kliënte uitsien na 'n besondere ervaring.
'n Kaggel wat rustig brand terwyl ons gesels skep 'n verwelkomende atmosfeer. Dit is vir Doons baie belangrik, kliënte moet tuis voel, gemaklik voel om met sy swembroek en plakkies te kan kom en deel te word van Die Seekombuis-familie.
Die kiosk gaan seker maak dat vakansiegangers en die plaaslike gemeenskap bederf word met draairoomys, pizza, burgers en vis en skyfies. Ekstra tafels met sambrele op die grasperke bied kliënte die geleentheid om wegneemetes sommer hier by die strand te geniet.
Goeie nuus is dat Die Seekombuis Sondagaande oopgaan wees. Die restaurant se ure is van 09:00 tot 21:00, vir ontbyt, middag- en aandete en sal Maandae gesluit wees.
Op 25 Julie bied Die Seekombuis 'n ete aan in samewerking met Alvi's Drift-wynlandgoed waar kliënte bederf gaan word met 'n 5-gang ete en Alvi's Drift se wyne. 'n Gelukkige leser kan twee kaartjies na die geleentheid wen deur die QR kode te skandeer. Die wenner word op 18 Julie 2024 aangekondig.
Hou Die Seekombuis se sosiale media platforms dop vir verdere inligting en om te weet wat daar op 'n dag tot dag basis gaan gebeur.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’