Advertorial
HEIDELBERG NUUS - Wimpy Heidelberg het weereens, na verlede jaar se aanwysing as algehele beste Wimpy in die land, hulself bewys en spog hulle nou ook met die titel vir ‘Best Franchisee Brilliant Baristas’.
Mede-eienaar Evert Kleynhans het Wimpy Heidelberg verteenwoordig nadat hy die streekskompetisie vir Wes-Kaap gewen het.
Daarna het hy verlede maand saam met die top ses in die land in Johannesburg meegeding en met die eerste plek weggestap.
Hierdie prestasie het hom ook ‘n oorsese vakansie in die sak gebring.
Daar word streng beoordeel volgens die verskillende stappe wat gevolg moet word om die perfekte cuppaccino te kry.
Die kriteria sluit in smaak, hitte (65-70?C) tekstuur en kwaliteit.
Kleynhans se liefde vir koffie het reeds in sy kinderdae begin.
Hy het op ‘n plaas grootgeword en ‘n belangrike deel van plaaslewe sluit koffie in.
Hoewel die kompetisie baie senutergend was, het Kleynhans die ervaring baie geniet.
“Dit was ‘n lekker span wat deelgeneem het. Al was ek gespanne, was dit ‘n ervaring van ‘n leeftyd om daar te kan wees en saam met ander die ervaring te kan deel.”
Mark Samuels van Kaapstad was die gelukkige pryswenner van R200 000 met ‘n landswye gelukkige trekking. Hy staan tussen twee Engen verteenwoordigers wat die prys aan hom oorhandig het. Dit was ‘n inskrywing wat by Heidelberg se 1-stop ingeskryf is. Kliënte kon hulle selfoonnommers gegee het as hulle sekere produkte gekoop het en daaruit is trekkings landswyd gedoen. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'