Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Charl Krumm het van geboorte af in Jongensfontein, waar sy ma vandag nog woon, vakansie gehou.
In 2007 word hy toegelaat as prokureur nadat hy sy LLB-graad by die Universiteit van Stellenbosch verwerf het en bekwaam hy homself ook as 'n aktevervaardiger.
Charl sluit in 2009 by die finansiëledienstemaatskappy PSG Konsult aan as regsadviseur en word later die Wes-Kaap se streekbestuurder.
In 2010 verwerf hy sy nagraadse diploma in finansiële beplanning by die Universiteit van Stellenbosch en in dieselfde jaar besluit hy om sy eie regspraktyk op die been te bring.
Op 1 September 2010 maak Krumm Prokureurs sy deure oop en in Maart 2019, op die dag van die inwerkingtrede van die Covid 19-inperking, besluit hy en sy vrou om hul jong gesin tydelik op die gesin se plaas buite Stilbaai te vestig.
In daardie tyd verneem hy van die dood van 'n plaaslike prokureur, Willem Botha, en dat daar 'n geleentheid is om sy kantoorhuur oor te neem.
Hy trek toe in wyle Willem Botha se kantoor in en hulle tydelike skuif raak permanent.
Vandaar het die praktyk stelselmatig gegroei tot waar hy vandag is.
Charl het tans drie regsgekwalifiseerde vroue in diens, waarvan Shandré Greeff onlangs as prokureur en aktevervaardiger gekwalifiseer het nadat sy haar klerkskap by Krumm Prokureurs voltooi het.
Hul kantoor is in die Village Square-kompleks skuins oorkant Nedbank in Stilbaai en kan bereik word by 028 050 2334.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’