Advertorial
ALBERTINIA - Bon Game Privaat Reservaat is geleë net 20 minute se ry vanaf Mosselbaai. Met die perfekte ligging onder die ou Gouritsbrug.
Met die aankoms by die parkeerterrein, kan jy vriendelike ontvangsdames verwag wat jou dan sal vertel wat Bon Game als inhou. Jy kan kies of jy met jou eie voertuig wil ry en of jy saam met een van hul gidse op 'n wildritvoertuig wil ry.
Die grondpaadjie lei jou deur twee sekuriteitshekke en loop kronkel-kronkel tot jou oog die Imba-selfsorgeenheid vang. Die hele reservaat bestaan uit interessante geskiedenis wat mens oral op die reservaat nog kan herleef.
Die Imba-selfsorg was 'n ou plaashuis uit die 1900 en is deur die eienaar in 2022 opgekikker. Dit beskik oor drie slaapkamers, twee badkamers, ten volle toegeruste kombuis, binnebraai en oop leefarea.
Die buitedek is die hoogtepunt van die eenheid, dis hier waar jy sosiaal kan verkeer met 'n buitebraai en privaat borrelbad. Die water is hoog in minerale en is uitstekend vir jou vel.
Die Barney Barnato-kroeg is 'n klipgooi weg van die Imba-huis. Die kroeg wat voorheen 'n buitegebou was, saam die Imba-huis, se buite- en binnemure is nog dieselfde. Net 'n vars laag verf om in te skakel by die reservaat se kleur.
Hier kan jy enige drankie geniet, van koffie, melkskommels en natuurlik ietsie sterker. De Wet-kelders se wye reeks wyne word ook hier aangebied.
Nou bied hierdie reservaat akkommodasie, kampterreine, wildritte, staproetes, kinderaktiwiteite, kerk en venue vir troues of enige spesiale geleenthede.
Kontak ons gerus by 076 980 6841 of stuur 'n e-pos aan info@bongame.co.za of besoek ons webtuiste www.bongame.co.za
Een van vele uitsigte wat jy kan verwag op die reservaat.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'