Advertorial
RIVERSDAL SAKE NUUS - By Blombos Kwekery het ons gevind dat swak kompos en potgrond die duur en kosbare plant wat jy daarin plant kan laat vrek of swak groei.
Dit is nie wat jy wil hê nie, jy soek sterk en mooi plante.
Vir die afgelope 15 jaar probeer ons, ons kompos en potplantgrond gedurig verbeter. Kliënte wat by ons koop is baie tevrede met ons produk, maar ons het goeie nuus en dit is dat ons nou nog goeie organiese bemesting byvoeg wat uitstekende resultate lewer. Nog goeie nuus is dat ons ook hierdie produk as konsentraat verkoop.
Dit brand nie plante nie en kan oral in jou tuin gebruik word. Kompos en potplantgrond se pryse gaan nie op hieroor nie. Verder het ons nou ook 'n produk vir huisplante. Plante kan direk hierin geplant word of vir aanvulling gebruik word. Haal van die ou grond uit en vul aan hiermee.
As jy gaan kompos koop is dit soos om 'n motor te gaan koop. Jy kan nie net na die prys kyk nie. By motors kry jy VW, BMW, Ford en baie ander. By kompos kry jy ook 'n klomp soorte en elkeen verskil met hoe dit vervaardig word. As jy toetse doen sal jy vind almal gee nie goeie resultate nie.
Die organiese konsentraat verkoop ons vir R6 p/kg of R250 per 50kg sak.
Vars slaai op jou bord...
Ons kweek slaai in 'n klein potjie gereed vir gebruik teen R10 elk. Jy kan dan by jou huis blaartjies oes soos nodig en as dit doodgaan, die kompos in jou tuin gooi. Ideale geskenk vir jou vriende! Verkoop ook slaaiblare @ 6c per 10 gram of R6 per 100 gram.
18 Bardenhorststraat
Riversdal
Kontak Charl – 082 784 9827 of Patrick – 073 379 7349
Links = goeie kompos vs regs = swak kompos.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'