Sponsored Content
SAKE NUUS - Tyremart Stilbaai is reeds 12 jaar deel van die Stilbaai-gemeenskap, terwyl Tyremart Riversdal al 24 jaar lank motoriste in die streek bedien.
Deur die jare het die besigheid ’n sterk reputasie opgebou vir uitstekende diens, gehalte produkte en persoonlike aandag.
Geleë op die hoek van Hoofstraat en Ebenhaezer Crescent, bied Tyremart Stilbaai ’n wye reeks dienste vir passasiersvoertuie, 4x4’s, SUV’s en ligte vragvoertuie.
Hul dienste sluit onder meer bande, batterye, wielsporing, wielbalansering, skokbrekers en uitlaatstelsels in - alles teen mededingende pryse.
Tyremart Riversdal
Die Riversdal-tak in Joubertstraat 18 beskik oor uitgebreide voorraad en jare se ervaring, wat verseker dat kliënte vinnige en doeltreffende diens ontvang.
’n Belangrike deel van die besigheid se sukses is die kundige span. Christi Kriek, bestuurder van Tyremart Riversdal, en Wilfred Bosman, bestuurder van Tyremart Stilbaai, is bekend vir hul vriendelike diens, kundigheid en bereidwilligheid om elke kliënt se behoeftes eerste te stel.
Hul fokus op goeie diens en waarde vir geld dra by tot die vertroue wat kliënte in die besigheid plaas.
Volgens eienaar David Vosloo bly die ondersteuning van die Stilbaai- en Riversdal-gemeenskappe die dryfkrag agter hul sukses. Met integriteit, professionaliteit en kliëntetevredenheid as kernwaardes sien die span daarna uit om die gemeenskap nog lank te dien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’