Sponsored Content
SAKENUUS - “Ding, ding, ding!!! Round number three!” En hier is ons vir die derde keer genomineer vir die Best of Hessequa Reader’s Choice Awards. Wie sou dit kon droom?
Baie dankie aan al die lesers wat besluit het ons verdien dit weereens om aan die kompetisie deel te neem. Ons waardeer dit opreg.
Ons is hierdie jaar in vier kategorieë genomineer: Best Takeaway, Best Burger, Best Fish and Chips (’n nuwe kategorie), en natuurlik Best Pizza.
Ons voel nederig maar geëerd om steeds populêr te wees by ons mense. Ek dink dis omdat ons “old school” is en bly, sonder fieterjasies. Ons hou by ons tradisie. Ons maak kos vir die liefde daarvan en vir die liefde vir ons mense.
Lekker kos met gehalte bestanddele, behoorlike porsies en goeie waarde vir geld. Ons probeer om ons produk dieselfde te hou ten spyte van alles wat daar buite in die wêreld aangaan. Pryse gaan op, maar ons produk bly dieselfde.
My personeel is van die begin af al saam met my. Hulle is die ongelooflike mense waarvoor enige werkgewer ooit kon vra en ek dank die Here elke dag vir hulle. Ons is al deur so baie, maar ons staan as span saam en dra mekaar deur alles.
Hierdie Desember sal Pizza World Stilbaai al 29 jaar bestaan - ’n prestasie in eie reg.
Ons het letterlik generasies wat by ons kom inloer vir iets lekker om te eet, altyd vars gemaak net vir jou.
Mense, ons wil dit graag weer doen vir julle. Dit sal ’n wonderlike eer wees as ons vir die derde jaar Best Pizza kan wen en dan wil ons graag ook vir ons mense die toekenning vir Best Fish and Chips inkatrol.
Die enigste manier hoe ons dit gaan regkry is as daar stemme is. Ons is hier, ons neem deel. Ons vra met hoed in die hand dat julle dit vir ons sal moontlik maak.
Hoe wonderlik sal dit nie wees nie!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’