Sponsored Content
SAKENUUS - Hoër Landbouskool Oakdale net buite Riversdal is al dekades lank een van die voorste landbouskole in Suid-Afrika.
Met ’n leerdertal van 453 seuns, fokus die skool daarop om jongmense toe te rus met kennis, vaardighede en waardes wat hulle voorberei vir ’n suksesvolle toekoms.
Die skool bied opleiding in verskeie landbougerigte vakke, waaronder landboustudies vir graad 8- en 9-leerders, asook landboutegnologie en landbouwetenskap vir senior leerders.
Hierdie praktiese en akademiese benadering help om jong manne vir die uitdagings van die moderne landboubedryf en die breër samelewing voor te berei.
Vir Oakdale is die Best of Hessequa-nominasie ’n besondere eer. Die skool beskou dit as ’n bevestiging dat die harde werk en toewyding van personeel, leerders en ondersteuners oor baie jare raakgesien word.
Dit beklemtoon ook Oakdale se reputasie as ’n skool van uitnemendheid wat jong manne van gehalte die wêreld instuur.
Wat Oakdale uniek maak, is sy fokus op karaktervorming. Die skool glo daarin om seuns te ontwikkel tot jong manne met integriteit, deursettingsvermoë en verantwoordelikheid. Hul leuse is eenvoudig: ‘Ons hou nie op as ons moeg is nie; ons hou op as die werk klaar is’.
Deur ’n kombinasie van sterk akademiese standaarde, uitstekende sportprestasies en goeie dissipline bly Oakdale ’n gewilde keuse onder ouers.
Die skool se prestasies en waardes spreek vanself en vorm die grondslag van sy sukses.
Klik hier om vir Hoër Landbouskool Oakdale te stem