Hul aanbiedings het ingesluit 'n gratis wynproe wat saam met 'n heerlike kaasbord, genoeg vir drie persone, geniet kon word.
Hulle het ook bokse van hul wyn teen spesiale pryse aangebied wat gratis aflewering ingesluit het.
Die kelder het op Saterdag, 4 Oktober tydens die Veritas toekennings vir drie van hul wyne toekennings ontvang.
Baleia Bay Rose 2014, Baleia Bay Unwooded Chardonnay 2014, asook Baleia Bay Pinot Noir 2012 het elk 'n brons Veritas toekenning ontvang.
Baleia Bay wynkelders is Maandae tot Vrydae oop vanaf 09:00 tot 17:00 en Saterdae vanaf 10:00 tot 13:00.
Besprekings vir wynproe en kaasborde kan gedoen word deur vroegtydig hulle te skakel by 087 234 8621 of e-pos na info@baleiabay.co.za.

Die drie vennote van JLE Rekenmeesters tydens Baleia Bay wynkelders se spesiale aanbieding ter viering van Basedag. Van links is Hannes Louw, Dirk Jooste en Frikkie Erasmus.

Die kaasbord wat saam met 'n gratis wynproe by Baleia Bay se Basedag vieringe was.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'