Advertorial
RIVERSDAL SAKE NUUS - Dit kan aanloklik wees om 'n lae-kommissie eiendomsagent of ‘afslag-agent’ aan te stel om jou eiendom te verkoop, maar hierdie besluit kan jou meer geld uit die sak jaag as die geld wat jy op kommissie spaar.
Só sê Charles de Kock, prinsipaal van Chas Everitt: Suid-Kaap. “Afslag-agentskappe is tans oral te sien met baie aansprake en beloftes aan huiseienaars. Die meeste van hierdie agentskappe behoort egter aan mense met min ervaring van die eiendomsbedryf. Sommige van hulle is nie eens gekwalifiseerde agente nie.Verkopers wat mandate aan sulke agentskappe gee, stel hulself bloot aan verskillende soorte finansiële en regsgevare. Verkoopstransaksies kan skeef loop - en dit gebeur.
"Maar dinge kan ook vóór die verkoopstadium skeef loop. Wanneer agente nie behoorlik opgelei of kundig is om die mark te lees nie, sal hulle sukkel om die optimale prys vir die eiendom te bepaal. Hierdie agente het gewoonlik ook nie toegang tot die bemarkingshulpbronne van 'n groot groep soos Chas Everitt Internasionaal nie, wat beteken hulle gaan sukkel om die eiendom onder die aandag van genoeg potensiële kopers te bring.”
De Kock sê dit kan daartoe lei dat die eiendom in die mark vashaak omdat die prys te hoog is, of omdat die regte teikengehoor nie bereik word nie. Dit beteken dat die verkoper die verband moet betaal en daarby ook munisipale belasting, water en elektrisiteit, versekeringspremies, asook sekuriteits- en instandhoudingskoste vir so lank as wat die eiendom nie verkoop nie. Hierdie besitskoste kan vinnig oploop en maklik binne 'n paar maande die potensiële besparing van die laekoste agentskap oorskry.
“Kom ons neem as voorbeeld 'n huis wat teen 'n gemiddelde huisprys in Suid-Afrika verkoop word. Gestel die huis kos tans R1,1m en dat die kommissie 7% (R77 000) beloop - al weet ons daar is nie 'n vaste kommissiekoers in Suid-Afrika nie en dat talle ‘volprys-eiendomsagentskappe’ minder as dit vra.
"Die meeste ‘lae-kommissie’ agentskappe vra 3% (R33 000). Die maksimum moontlike besparing op kommissie is dus R44 000. As 'n mens nou die besitskoste van die eiendom in ag neem, kom dit op ten minste R13 500 neer met 'n maandelikse verbandpaaiement van R8 500, 'n nutsrekening van R2 500, munisipale belasting van R500, huiseienaars- en verbandversekering van R1 000, en sekuriteits- en instandhoudingskoste van R1 000.
"Die besitskoste oorskry dus die moontlike besparing indien die verkoop van die eiendom drie of vier maande langer neem as wat verwag word. En ons weet uit ervaring dat dit heel waarskynlik sal gebeur wanneer 'n lae-kommissie agentskap gebruik word wat nie 'n stewige begroting en die regte bemarkingskanale het om die regte teikenmark met genoeg potensiële kopers te bereik nie.”
Volgens De Kock is dit vanselfsprekend dat afslag-agentskappe minder geld het om aan bemarking en reklame te bestee as groepe soos Chas Everitt Internasionaal wat oor die vermoë beskik om sy kliënte se eiendomme aan honderde duisende potensiële kopers oor die hele land te bemark deur al die vernaamste gedrukte media en aanlynportale in die eiendomsmark hiervoor te benut. Chas Everitt Internasionaal het ook toegang tot miljoene internasionale kopers via sy lidmaatskap van die VSA-gebaseerde Leading Real Estate Companies of theWorld®.
“Daarby is die herkenbaarheid van ons handelsmerk baie sterk. 'n Beduidende aantal potensiële kopers kom direk na Chas Everitt se eie webwerwe wanneer hulle dit oorweeg om te trek of eiendom vir beleggingsdoeleindes aan te koop. Huiseienaars ken en vertrou ons, en sal baie eerder deur ons koop as deur onbekende agentskappe wat min kommissie vra.
“Dit blyk duidelik uit die feit dat ons oor die afgelope drie jaar ons landwye markaandeel met 13,6% verhoog het ten opsigte van die aantal huise wat verkoop is, en met 17,6% ten opsigte van die waarde van die huise wat verkoop is. Daarby is die gemiddelde tyd wat 'n eiendom op ons boeke is tans 63 dae. Volgens die Oktober-uitgawe van FNB se Eiendomsbarometer is die landwye gemiddelde vir alle eiendomsagente 111 dae.” Hy sê verkopers moet ook daarvan bewus wees dat baie van Chas Everitt se agente ten volle gekwalifiseerd is met ten minste 'n NKR vlak 4 kwalifikasie en by die Raad vir Eiendomsagente (EAAB) geregistreer is. Al die intern-agente in die groep werk onder behoorlike toesig.
“Ons agente het deurlopend toegang tot topgehalte onderrig en hulle kry gereeld inligtingstukke oor die jongste verwikkelinge en nuwe wetgewing wat die eiendomsbedryf raak. Hulle kom dus na die tafel toe met omvattende kennis van die eiendomsbedryf en met 'n bewese rekord van sukses. Dieselfde kan ongelukkig nie gesê word van talle van die agente by lae-kommissie agentskappe nie. Ons beveel dus ten sterktste aan dat verkopers agente vir hul EAAB-registrasie vra voor hulle toelaat dat hierdie agente hul eiendom bemark. Vra ook oor die agent se verkoopsgeskiedenis in die betrokke area, en vra vir verwysings en aanbevelings van onlangse kliënte wat gekontak kan word. Indien die agentskap nie 'n suksesvolle verkoopsrekord in jou area het nie, waarom sal jy hulle met die verkoop van jou grootste bate vertrou?”
De Kock sê huisverkopers moet nooit die waarde onderskat van saamwerk met 'n agentskap wat kopers vooraf kan kwalifiseer nie. Sulke agentskappe sal nie jou tyd mors met mense wat na jou huis kom kyk terwyl die prys buite hul begroting is nie. “Ons beskik ook oor die vermoë om potensiële kopers te help met huislening aansoeke deur Better-Bond wat die grootste verbandverskaffer in Suid-Afrika is. Dit is 'n groot voordeel vir verkopers omdat hulle dan nie weke lank angstig hoef te wag of hul kopers se huislenings toegestaan is nie.
“Huisverkopers moet verby die ‘lae kommissie’ kyk en vra met watter kennis, infrastruktuur en diensgerigtheid hul eiendomsagent na die tafel toe kom wanneer hulle 'n mandaat teken. Hulle moet besef dat 'n verkoopstransaksie wat skeefloop of vertraag word, maklik duurder kan uitwerk as die ‘afslag’ wat aangebied is.
"Huise verkoop nie hulself nie, veral nie wanneer die mark traag is nie. Dit verg kundigheid, deeglike opleiding, behoorlike bemarking en kopersvertroue om die beste moontlike prys in die kortste moontlike tyd te behaal. Goed gevestigde eiendomsagente soos Chas Everitt beskik oor die hulpbronne en prestasiegeskiedenis om die verkoop van jou eiendom in 'n werklikheid te omskep.”
Vir meer inligting, kontak: Charles de Kock (Prinsipaal) by 028 514 2202 of besoekwww.chaseveritt.co.za
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'