HEIDELBERG NUUS - ’n Plaaslike sakeman van die dorp, Bertus Olivier het onlangs twee reusepatats by sy huis in die dorp gekweek.
Olivier, ’n ywerige tuinier, se twee knewels het onderskeidelik 6,9 en 2,9 kg geweeg.
Volgens hom, het die reusepatat sowat ses maande geneem om te groei voor hy besluit het om dit te oes.
Hy het net een keer in die tydperk die plant met kunsmus bemes.
“Ek het dit baie water gegee en gereeld aandag geskenk”, Olivier het gese dat hy die patats vir liefdadagheid gaan skenk en nie vir eie gebruik gaan aanwend nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'