Hartnick het Gerhard van Rensburg, provinsiale minister van landbou geraadpleeg wat ingestem het om na die lede se kwelvrae te luister. Op Dinsdag, 20 November het hy en verskeie ander rolspelers, onder andere Hendrik Visser, hoof: Hessequa beplanning en omgewingsontwikkeling kom luister in watter mate hulle saam met die provinsiale departement kan saamwerk om die sektor se bedrywighede te bevorder. Van Rensburg het onderneem om daadwerklik aandag aan hul kwessies te skenk sover as wat dit vir hom moontlik is.
Hy het ook onderneem om met die nasionale departement in gesprek te tree sover dit hul werksaamhede aangaan. Van die kleinboere het ook hul griewe ten opsigte van al drie departemente geopper, hoewel die nasionale departement nie teenwoordig was nie.
Ter afsluiting het beide Van Rensburg sowel as die lede die hoop uitgespreek dat hul op die pad vorentoe meer positief sal saamwerk om oplossings te vind.

Die kleinboere van Heidelberg.