HESSEQUA NUUS - Lood Oosthuizen, voorman van Wydersrivier-plaas tussen Albertinia en Herbertsdale het 'n dubbele verrassing gekry toe hy op 29 Desember sy gereelde besoek doen by die koeie wat na aan kalf is.
Nie net het een van die koeie geboorte aan 'n tweeling geskenk nie, maar een van die kalfies is met geslagsdele van beide geslagte gebore, 'n verskynsel wat as hermafrodiet bekendstaan.
Volgens Reinhardt Venter van Mosselbaai-dierehospitaal het die geaffekteerde dier geslagschromosome wat manlike/vroulike mosaïek toon (waar een individu beide die manlike XY- en XX-chromosoompare besit).
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'