HEIDELBERG NUUS - Die Jeugskou skop Saterdag 10 Februarie 0m 10:00 af as deel van die Heidelberg Landbougenootskap se Landbouskou.
Dit is 'n streekskou en tel dus punte vir moontlike toelating tot die WP-span.
Die kategorieë is suiwelbees, vleisbees, wolskaap, vleisskaap, boerbok, veselbok, melkbok, perde, hoenders sierduiwe en konyne.
Registrasie vind plaas by die skaapafdeling vanaf 08:00 tot 09:30 en die inskrywingsfooi beloop dertig rand per vertoner per klas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’