SUID-KAAP NUUS - Die Nedbank Suid-Kaap Bonsmaraklub bied op Donderdag 24 Augustus 'n boeredag by die Kansa-veilingskrale buite die Oudtshoorn aan.
Die Bonsmaraklub se algemene jaarvergadering vind om 09:00 plaas waarna die boeredag om 10:00 begin. Sprekers wat tydens die dag sal optree is Daneel Rossouw, oor makro-ekonomie en die lewende hawe-bedryf.
Dr. Adriaan Olivier stel 'n nuwe produk, Ascendis Animal Health bekend. Danie Olivier van Hotvoor Bonsmaras praat oor Bonsmara: die karkas-ras.
'n Praktiese demonstrasie word deur Danie Olivier en Louis Steyl gegee waarna Steyl veilingdiere bespreek. Die oggend word om 12:30 afgesluit met 'n biefstuk-ete en verversings.
Kontak Ockie Potgieter by 082 776 3730 of opj@absamail.co.za vir meer inligting of om bywoning te bevestig.
Ander datums om te onthou:
24 tot 26 Augustus: George-landbouskou.
9 September: Suid-Kaap Bonsmara se jaarlikse Prestige Veiling by Herold-veilingkrale.
Kontak Pieter Reynolds by 073 719 7868 of 044 888 1719 vir meer inligting oor hierdie aktiwiteite.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'