Gallery Video
HEIDELBERG NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Jong boer van die plaas Hoëkraal buite Suurbraak, tussen Heidelberg en Swellendam het die gesogte titel van Toyota Agri SA jong boer van die jaar Wes-Kaap vroëer hierdie jaar verower.
Suid-Kaap Forum het by Johann Nel (31) gaan inloer en rondom ‘n vroeë-oggend koppie boeretroos in die stal meer oor die boerdery uitgevind en daarna ‘n uitstappie saam met hom geneem om die plaas besigtig.
Nel het reeds van kleintyd op die trekker saam met sy oupa begin droom van boer en hy kon daardie droom in 2012 bewaarheid toe hy die familiebesigheid op die plaas begin bestuur.
Nel maak staat op ‘n goeie werkspan, mense wat goed saamwerk en elkeen sy deel doen, wat dan ook bydra tot sy wenresep.
Hy het ook ‘n ystervrou, Madelé wat agter hom staan, die plaas se boeke doen en hom ondersteun.
Die kompetisie was baie straf, daar was hoofsaaklik gefokus op die winsgewendheid van ‘n plaas, voorkoms en bestuurs filisofie.
15 Johann Nel se gunsteling deel van die boerdery is die graangewasse. Hy is op sy gelukkigste in sy stroper.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'