Volgens me. Amanda Murray, tegnoloog by Hessequa Raadgewende Ingenieurs, beloop die konstruksie onkostes nagenoeg R5 miljoen en sal dit aan die dorp se 2025 vooruitsigte vir
watergebruik voldoen. Murray noem verder dat die fasiliteit sowat 2836 kiloliter per dag sal kan verskaf. Die verrigtinge waartydens die kontrakteur, mnr. Nollie Meyer, amptelik die reservoir aan me. Emor Nel, Hessequa Uitvoerende burgemeester van Hessequa oorhandig het.
Verteenwoordigers van die Provinsiale regering asook raadslede Julian Merkeur (onder-burgemeester) en Andrew Stroebel, asook verskeie plaaslike amptenare waaronder mnre. Johan Jacobs (munisipale bestuurder) en Ettienne Steyn,(hoof: water, riool en sanitasie) het ook die oorhandiging bygewoon. Beide Nel en Steyn het hul dank teenoor Meyer sowel as Murray uitgespreek vir die hoë kwaliteit van kontruksiewerk gelewer.

Die groep rolspelers was teenwoordig tydens die amptelike oorhandiging van Riversdal se nuutste reservoir. In die middel staan raadslid Emor Nel, Uitvoerende burgemeester van Hessequa, met raadslede Andrew Stroebel en Julian Merkeur (onder-burgemeester), links van haar. Onmiddellik agter haar staan, mnre. Nollie Meyer (kontrakteur) en Johan Jacobs (munisipale bestuurder). Foto’s: Clive Pretorius