Update
RIVERSDAL NUUS - Piet van der Mescht (77) se groen vingers het twee gewigtige pampoene opgelewer.
Een van dié knewels staan 17 cm hoog en is in omtrek 180 cm. Hy het nie 'n idee hoeveel dit weeg nie, maar is steeds trots.
Van der Mescht vertel: "My dogter sê ek het groen vingers. Dit is al wat my nog besig hou.
"As ek so stil moet sit sou hulle my seker al lankal toegegooi het. Dit is vir my lekker om in die grond met my hande te voel."
Hy is baie lief vir diere en het selfs 'n African Gray pappegaai wat hom geselskap hou.
"Dit is 'n plesier om vir Kasper in die huis te hê. Hy praat my partymaal uit die huis uit."
Aartappels, patats, tamaties, eiervrug, spinasie en verskillende soorte pampoen groei in sy tuin.
Hy deel graag die groente uit.
Lees 'n vorige artikel: Piet spog met reuse pampoen
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'