Me. Jeanette van Eck, (Landsdiens) noem aan Suid-Kaap FORUM dat is die plek 'n besoek werd is, veral in die winter aangesien dit ook 'n warmbron is, "ek dink die kinders het nog nie oor een naweek so baie geswem nie".
Gamkasberg Natuurreservaat
Saterdagoggend is die Gamkasberg Natuurreservaat net so 10km vanaf Uhuru op die grondpad langs besoek. Die groep was aangenaam verras met die studente wat tans in die reservaat werk, se kennis van die veld. Die kinders is opgedeel in twee groepe om twee roetes in die reservaat te verken. Hier het die kinders die geleentheid gekry om meer te leer van die plantegroei van die omgewing en hul nuttigheid, spore op die grond verken, kentekens van sekere diere geleer en hope pret gehad. Die professionele en interessante aanbieding het dit vir elkeen maklik gemaak om soveel inligting moontlik te stoor vir die paar vrae wat gevolg het. Twee wenners is aangewys, een uit elke groep wie die meeste vrae korrek geantwoord het.
Van Eck noem dat dit 'n wonderlike naweek was met 'n wonderlike groep kinders. "Hulle was 'stroopsoet', met geen voorvalle waar kinders ongehoorsaam was nie. Hulle het my so beïndruk, nie net met hulle gedrag nie, maar ook met alles wat hulle geleer het. Dit is tog hoekom ons op sulke kampe gaan - om iets nuuts te geleer het. Knap gedaan, julle is puik Landsdieners".
Sy vertel verder dat Sondagoggend gesorg het vir sy eie pret toe twee van die kinders in die swembad beland het tydens die praktiese oefening oor Johannes 14:6, "Die Here is so getrou in al Sy werke en aan Hom al die eer!".
Van Eck bedank graag al die borge wat weereens die kinders van Laerskool Bertie Barnard se Landsdiens trakteer het, "Aan die ouers wat uit hul pad gegaan het om dit vir ons gemaklik te maak en gehelp het met die vervoer, skenkings en bydrae op watter manier ookal, baie dankie! Sjoe die woorde: Baie dankie voel so min, maar my hart loop oor van dankbaarheid. Aan die span wat nou alweer anders lyk: Ken, Elzette, Maryke, Jacques en Heidi, 'n besonderse dank vir julle ondersteuning en harde werk om my droom te deel. 'n Mens kan oor berge met julle loop en dit is net 'n plesier om deel van hierdie span te wees"

Die jongspan ervaar 'n labarint tydens hul besoek aan die Klein-Karoo.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'