STILBAAI NUUS - Just Wheels van Stilbaai bring Saterdag 9 Mei ongeveer 40 ou- en eksotiese motors na die parkeerterrein by Lappiesbaai in Stilbaai.
Entoesiaste kan uitsien na 'n fees vir die oog en sal ook die geleentheid hê om met die eienaars van die verskillende motors te gesels.
Hulle beoog om vanaf 10:00 tot na middagete daar te wees en gaan middagete by die Seekombuis nuttig. Daar sal dus genoeg tyd wees om die motors van nader te besigtig en om met die eienaars te gesels. Daar is gewoonlik motors vanuit die hele Hessequa, Tuinroete en selfs Kaapstad en hierdie eienaars het 'n verstommende kennis van die binnegoed van hulle motors.
Kontak Hugo van Dyk by 083 686 9237 vir enige navrae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’