STILBAAI NUUS - Die NG Kerk Stilbaai het Vrydagaand, 8 Mei, gasheer gespeel vir 'n onvergeetlike konsert waartydens musieklefhebbers vroeg reeds ingestroom het om die beste sitplekke te kry.
Die Seisoene-sangers en Mannekoor, afgewissel met duette, trio's en selfs 'n solo-item, het van die aand 'n besondere musikale ervaring gemaak.
Nadat Elize Penaar op die orrel en Christo Pienaar met sy trompet die program met Te Deum geopen het, het die Seisoene-sangers die gehoor meegevoer met Gloria. Die een pragtige optrede na die ander het gevolg en veels te gou is die aand afgesluit met die bekende "Drinking Song" uit La Traviata.
Volgens Anine Fourie, koorleier van die Seisoene-sangers, sal die Disa-dameskoor ook weer tydens die groep se volgende optrede, die Kerskonsert, op die verhoog wees. Musiekliefhebbers kan uitsien na nóg 'n opwindende aand van musiek en sang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’