Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Daar is min optreegeleenthede vir onbekende sangers en moet hulle dit meestal self skep.
So het die gedagte vir ’n huiskonsert ontstaan en Hanlie Lubbe, George van den Berg, Matthys Streicher en Deona Aucamp het die daad by die gedagte gevoeg.
Laasgenoemde is nie slegs ’n begaafde sanger nie, maar ook joernalis by Suid-Kaap Forum.
’n Klompie uitgesoekte gaste was bevoorreg om die geleentheid op Maandagaand 30 September aan huis van Pauline Hollis sr by te woon.
Sy het jare se ondervinding met die aanbied van groot en klein geleenthede en was ook die regisseur van die Passiespel vroeër vanjaar.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'