Die leerders het hulle almal baie goed van hul taak gekwyt en groot welslae is behaal.
Daar het 16 leerders dubbelgoud gekry vir poësie, 48 het goud gekry, 28 silwer en vyf brons. Die kunsafdeling het ook baie goed gevaar.
Drie leerders het dubbelgoud, vyf goud, drie silwer en een brons verwerf. Volgens die skoolhoof, mnr. Mias du Plessis is die skool baie trots op hierdie leerders. Die Hartliefklas het ook aan die Eisteddfod deelgeneem en baie hard geoefen. Al vier dogters het goud gekry.

Laerskool Bertie Barnard se Eisteddfod deelnemers en sertifikaat wenners. Foto: Isabel Beckett.