Brink het 'n kort, treffende, maar tog inspirerende boodskap oorgedra en genoem dat dit nie gaan oor hoe baie jy doen nie, maar wat en hoe jy dit doen.
Syself word baie geëtiketteer omdat sy in 'n rolstoel sit, maar voel as mens voor 'n stop kom in die lewe moet jy die ompad neem tot jy weer terugkom by die pad waarop jy moet wees.
"Daar is baie uitdagings in die lewe met 'n rolstoel, maar dit kan oorkom word".
Sy voel ook ernstig daaroor dat mens jouself gereeld uit jou gemaksone moet haal en voel dat gedwonge ongemak somtyds positiewe en verrykende gevolge kan hê.
Bekend vir haar Vonk-programme is dit sigbaar waarom dié besonderse meisie mense so diep raak met haar passie en positiewe uitkyk op die lewe.
"Omring jouself met interessante mense en doen daagliks iets wat jouself uitdaag, laat daardie vlinders vladder in jou binneste!"
Dames teenwoordig het pragtige hooftooisels gedra ter viering van die tema en na afloop van die verrigtinge is daar heerlik gekuier om 'n koppie tee en heerlike gebak.
Die oggend is aangebied as fondsinsameling ten bate van die Pikkewouter Kleuterskool.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Die Pikkewouter Kleuterskool Damesoggend saam met bekende radiopersoonlikheid, Martelize Brink het groot byval gevind. Van links is die organiseerders: Shantelle Geldenhuys, Maryna van Wyk, Helen Fouché, Denise Bowring, Anli Botha en Marelise Visser. Martelize Brink sit in die middel. Elmarie Bouwer en Alicia van Rensburg was afwesig met die neem van die foto.
Klik hier vir meer foto's.
ARTIKEL EN FOTO'S: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'