Verskeie plaaslike, sowel as sangers van George het die gehoor met hul goue stemme trakteer. Die Young Royal Shepherds Kersfeeskoor het ook die gehoor met hul hoë kwaliteit musiek betower. Die dorp se plaaslike idol, Romeo du Toit en die JF Neumann Memorial Congregational kerkkoor het die gehoor in vervoering gehad met hul onderskeie sangstukke.
Die baie talentvolle Lezay Andrey van George het die gehoor beïndruk en geestelik geïnspireer met sy eie hartroerende lied, 'I Need You' terwyl hy sy kitaar bespeel het. Noble het soos altyd die waarderende gehoor weereens met sy gunsteling lied, 'Sweef soos'n Arend' betower.

Die JF Neumann kerkkoor in aksie.