STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Sangers is tans hard aan die oefen om hul winterkonsert op Vrydag 8 Mei 'n onvergeetlike ervaring te maak.
Suid-Kaap Forum het Donderdagmiddag, 9 April, tydens 'n oefensessie by die Waenhuis by Jagersbosch by hulle gaan inloer.
Onder leiding van koorleier Anine Fourie, met Mari Swart as begeleier, is die sangers met passie en toewyding deur hul program geneem.
Anine se fyn musikale aanvoeling was duidelik, en sy het gereeld onderbreek om klein regstellings te maak en die uitvoering te verfyn.
Dit is duidelik dat die koor streef na 'n vertoning van hoogstaande gehalte en bereid is om die nodige harde werk in te sit om die gehoor op die punte van hul stoele te hou.
Die konsert vind vanjaar in die NG Kerk Stilbaai plaas. Slegs kontantdonasies sal aanvaar word.
Na alle onkostes sal die oorblywende fondse aan liefdadigheid geskenk word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’